Читать книгу Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen - Страница 11

Hou jou eie straatverkoping of winkelverkoping

Оглавление

Baie mense gebruik die garage nie net vir hulle motor nie. Jy kry selfs ’n ou broodrooster, Kleinboet se treinstel, ’n trapfiets en ’n boks vol ou kombuisgoed daar. Dan is dit tyd dat jy jou eie straatverkoping reël. Jy kan ook ’n kafee inrig.

Omskep die onnodige goed wat jou plek en jou lewe oorlaai in lekker harde kontant. Hier is ’n paar wenke om jou te help om jou eie uitverkoping te reël:

 Maak ’n lys van alles wat jy wil verkoop. Gaan alles na: kyk of elektriese apparate of jou kraggereedskap nog werk.

 Sit pryse op alles. Wees bereid om met kopers te onderhandel.

 Maak kleurryke A4-plakkate en plaas hulle op kafees en jou plaaslike biblioteek se kennisgewingborde. Dui die datum, adres en tyd duidelik aan.

 Kry genoeg opslaantafels om jou produkte op uit te stal.

 Sulke verkopings word tradisioneel garageverkopings genoem, maar moet dit nie letterlik in jou garage hou nie. Pasop dat inbrekers nie kyk wat aangaan nie. Hou die verkoping buite of onder jou motorafdak.

 Sorg dat al die items skoon is.

 Pasop vir mense met lang vingers: hou alles mooi dop.

 Vir veiligheid, hou jou geld in ’n lyfsak wat jy om jou middellyf kan vasmaak.

 Maak seker dat jy kleingeld en ou inkopiesakkies byderhand het.

 Dis ook goed om tuisgemaakte fudge, koekies, beskuit, pannekoek, groetekaartjies of houtspeelgoed te verkoop. Kleinerige items soos lekkergoed en tjips verkoop ook goed.

 Onthou om jou familie en vriende van die verkopings te vertel.

Postlees: Beantwoord die volgende vrae oor die artikel.

1. Mense gaar soms rommel op. Noem drie dinge wat mense volgens die teks opgaar (orde). (3)

2. Noem ten minste drie dinge wat op ’n plakkaat moet wees as jy wil adverteer. (3)

3.Kies die regte antwoord. Die uitdrukking “harde kontant” beteken . . . (1)

a. dit is net muntstukke.

b. die geld is baie hard.

c. dit is net kontant soos note en muntstukke.

4. Skryf of die volgende waar of onwaar is. Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)

As ’n item ’n prys op het, is dit die prys wat die klant moet betaal.

5. Skryf ’n woord wat dieselfde betekenis as die skuinsgedrukte woord het (sinoniem). (1)

Hier is ’n paar nuttige wenke.

6. Waarom dink jy is dit belangrik dat elektriese apparate nog werk? (1)

7. Waarvoor word die tafels gebruik? (1)

8. Verduidelik kortliks in jou eie woorde wat met die volgende uitdrukking bedoel word. (1)

“Pasop vir mense met lang vingers.”

9. Waarom dink jy moet jy die geld om jou lyf hou? (1)

10. Wat sal jy by so ’n garageverkoping kan verkoop? Noem twee dinge. (2)

Totaal: 15 punte

Taal in konteks


Blaai na die Taalgids vir nog voorbeelde.

Byvoeglike naamwoorde

’n Byvoeglike naamwoord beskryf die selfstandige naamwoord. Die byvoeglike naamwoord kan voor die selfstandige naamwoord (attributief) of na die selfstandige naamwoord (predikatief) gebruik word. Byvoorbeeld: Die jong seun hou ’n garageverkoping. Die seun is jonk wat ’n garageverkoping hou.

Trappe van vergelyking

Die byvoeglike naamwoord kan trappe van vergelyking neem. Byvoorbeeld: Die seun is jonk, sy maat is jonger, maar sy kleinboet is die jongste. Hoe meer items jy verkoop, hoe ryker kan jy word. Leer die volgende voorbeelde van trappe van vergelyking:

Stellende trapVergrotende trapOortreffende trap
armarmerdie armste
baiemeerdie meeste
bangbangerdie bangste
benoudbenouderdie benoudste
besigbesigerdie besigste
beslisbeslisterdie beslisste
dapperdapperderdie dapperste
dofdowwerdie dofste
droefdroewerdie droefste
droogdroërdie droogste
fraaifraaierdie fraaiste
gladgladderdie gladste
welgesteldemeer welgesteldemees welgestelde
verleëmeer verleëmees verleë

Intensiewe vorm

Die byvoeglike naamwoord kan ook in die intensiewe vorm gebruik word, byvoorbeeld: Die lug is baie blou (hemelblou).

Woorde in die intensiewe vorme word altyd as een woord geskryf. Lees die Taalgids vir voorbeelde van intensiewe vorme.

Verbuiging

Die byvoeglike naamwoord kan ook verbuig, byvoorbeeld: Die boom is hoog. Die hoë boom.

Letterlike en figuurlike gebruik

In sommige gevalle word die byvoeglike naamwoord figuurlik gebruik. Kyk na die volgende voorbeeld: ’n Swaar tas. Hier beteken die woord “swaar” dat die tas letterlik swaar is. In die sin “Sy dra ’n sware las.” beteken die woord “swaar” dat iets moeilik is, die persoon dra nie iets letterlik nie. Dit word dus figuurlik bedoel.

Beantwoord die volgende taalvrae in jou werkboek.

1. Skryf die regte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.

a. Dit is ’n (goed) idee om ook koekies en fudge te verkoop.

b. Vir die (baie) mense is ’n garage nie net ’n plek waar die motor geparkeer word nie.

c. Selfs (stukkend) fietse word in die (stof) garage gestoor.

2. Skryf die intensiewe vorm van die woorde tussen hakies neer.

a. Mense bêre (baie oud) items in die garage.

b. Jy kan (baie ryk) word as jy ou items verkoop.

c. Mense moet (baie eerlik) met geld werk.

d. Die skêr is (baie skerp), so knip versigtig.

e. Daar is selfs (baie snaakse) items wat mense verkoop.

3. Gee die regte vorm van die trappe van vergelyking tussen hakies.

a. Hoe (oud) ’n item is, hoe (waardevol) kan dit wees.

b. Ma is die (benoud) van ons almal.

c. Ek het nie so baie geld nie, jy het (baie) as ek en Morné het die (baie).

d. Sonja is (elegant) as Gwen aangetrek.

e. Jy hoef nie die (duur) items te koop nie.

Lees die volgende sinne (vraag 4-6). Watter intensiewe vorm is nie reg nie?

4. Dit reën so woes dat ons eintlik . . . is.

a. papnat

b. sopnat

c. waternat

d. reënnat

5. Ek is alleen in die klas, so ek is . . .

a. bangalleen.

b. stokalleen.

c. stoksielalleen.

d. vingeralleen.

6. As die maan nie skyn nie, is dit . . .

a. nagdonker.

b. maandonker.

c. stikdonker.

d. pikdonker.


In hierdie aktiwiteit gaan jy

 ’n mondelinge aanbieding lewer

 taalkennis hersien.

Forum-/groepbespreking

Julle het in die vorige aktiwiteit ’n artikel oor uitverkopings gelees. Julle beplan nou om ’n vlooimark by die skool te hou.

Gebruik van die wenke in die vorige artikel en bespreek as a forum/groep wat julle in gedagte moet hou as julle ’n vlooimark beplan.


Die wenke in Pitkos kan jou help om vir jou forum-/groepbespreking van ongeveer 15 tot 20 minute voor te berei.


Forumbespreking

Deel verskillende opinies of inligting vanuit verskillende bronne. Die sprekers behoort:

 verskillende idees te ondersoek

 na mekaar te luister

 toe te gee wanneer nodig

 nie ander sprekers te onderbreek nie

 logiese verbande tussen punte te maak

 by die onderwerp te bly.

 mense by die bespreking te probeer betrek:onderbreek op beleefde wysedruk menings en ondersteunende redes uit.

 Elke spreker praat oor ’n bepaalde aspek van die onderwerp.

 Gebruik alledaagse/gewone uitdrukkings.

 Pligte van die voorsitter:handhaaf ordebestuur die tydhou by die agendamoedig deelname aanbly neutraalvra vir voorstelle of stemme.

Taal in konteks

Jy kan die Taalgids gebruik om van die vrae te beantwoord.

Beantwoord die volgende taalvrae in jou werkboek.

1. Tussenwerpsels is woorde wat jy gebruik om ’n gevoel in ’n sin oor te dra. Byvoorbeeld: Hoera, ek het al die koekies verkoop! Kies tussenwerpsels uit die woordblok om by die sinne te pas. Skryf die sinne dan reg oor.

EinaAg neeHoeraSjoe

a. Jy sukkel met die opslaantafel.

b. Ons gaan sakke vol geld maak!

c. Ek het so na die dag uitgesien!

d. Die tafel het op my voet geval!

2. Lees die volgende enkelvoudige sin.

Kobus en sy suster ontwerp verjaarsdagkaartjies.

a. Skryf die onderwerp neer.

b. Skryf die gesegde neer.

c. Gebruik nou ’n bywoord om die gesegde te beskryf.

3. Die volgende sin is ’n saamgestelde sin. Skryf die twee enkelvoudige sinne waaruit die sin saamgestel is.

Hou jou geld in ’n lyfsak en maak dit om jou middel vas.

4. Skryf die sinne in die regte tydsvorm oor. Begin met die skuinsgedrukte woorde.

a.Ouma bak heerlike beskuit. Môreoggend . . .

b.Diewe daag by die garageverkoping op. Twee weke gelede . . .

c. Ek maak die garage solank skoon. Vanoggend . . .

5. Die volgende idiome word letterlik uitgebeeld. Skryf die idioom en sy betekenis neer wat jy uit die illustrasies kan aflei. Sekere woorde word as leidraad vir jou gegee.



In hierdie aktiwiteit gaan jy

 ’n gedig lees

 vrae oor die gedig beantwoord.

Prelees: Kyk na die illustrasie en die gedig “Algemeene Handelaar”. Gesels met jou maat oor die volgende vrae:

 Beskryf wat jy in die illustrasie sien.

 Watter tipe goed word in die winkel verkoop?

 In die illustrasie en die titel is ’n “spelfout”. Hoe moet die woord gespel word?

 Wat word met “algemene” bedoel?

 Waaroor dink jy gaan die gedig?

Die gedig is ’n voorbeeld van ’n vrye vers. Lees die wenke in Pitkos oor ’n vrye vers en lees daarna die gedig.


Vrye vers

 Woorde word dikwels aan die begin van versreëls herhaal.

 Herhaling van dieselfde klanke kort na mekaar is ’n belangrike bindingsmiddel van woorde, gedagtes en die gedig as geheel.

 ’n Vaste, ritmiese reëlmaat kom nie voor nie, maar jy sal tog ’n bepaalde ritme aanvoel wanneer jy die gedig lees.

 Versreëls en strofes wissel in lengte.

 Digters gebruik dikwels die opnoemtegniek, met ander woorde die letterlike opnoem van dinge in ’n gedig.

 Dikwels bestaan die hele gedig uit net een sin.

Tydens lees: Die volgende woordverklarings kan jou help om die gedig beter te verstaan.


allerlei (various) – verskillende

argitektonies onooglik (architecturally unsightly) – die gebou se ontwerp is nie mooi nie

bepaalde – spesifieke

dorpswinkel – ’n dorp is kleiner as ’n stad

gewel (gable) – driehoekige deel van die dak wat gebou is

kasarm (enormous place) – baie groot

keps – afgelei van die Engelse woord cap, hoed

lapel (lapel) – kraag van ’n baadjie of hemp

nadenkend (reflective) – om oor iets te dink

negosies (merchandise) – handelsware, dit wat alles verkoop word

onkoopbare – dit wat mense nie wou koop nie

toegeneentheid (liking) – goeie gesindheid, jy voel goed oor iemand

verspotte uitstalvensters – snaakse vensters waar die goedere uitgestal word

wenkbroue (eyebrows) – hare op jou oogbank

wye stoep – groot stoep

Beurtlees: Lees nou die gedig aandagtig saam met ’n maat deur.

Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Подняться наверх