Читать книгу Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen - Страница 9
Word jou eie baas vir net R200 (of so ietsie meer)
Оглавление1Wil jy graag ’n besigheid begin, maar kort geld? Luister na die volgende wenke. Met so min as R200 kan jy in jou vrye tyd ekstra sakgeld verdien. Dalk word jy selfs jou eie baas!
2Kunstenaars en tuisnyweraars (home entrepreneurs) vind dit soms moeilik om hulle produkte te bemark. Omskep ’n ongebruikte buitegebou in ’n aanskoulike “kuns- en tuisnywerheid” en nooi alle kunstenaars en tuisnyweraars in jou omgewing uit om daar uit te stal. Maak net seker dat jy behoorlik adverteer. Jou koste is ’n sekere persentasie van elke verkoopte artikel se verkoopprys.
3Bied poppespelvertonings by kinders se partytjies aan. Met groot opvoubare stukke karton (mooi geverf) vir jou poppekas en eiegemaakte handpoppe kan jy nogal gesog raak as jy werklik iets besonders kan aanbied.
4Omskep jou werf in ’n troeteldiersalon (doggy parlour). Jy kan verskillende dienste adverteer soos haresny, naelversorging, bad en selfs spesiale pels- en velversorging.
5Organiseer gereelde Saterdag-rommelverkopings in jou buurt. Almal het “wit olifante” in hulle garage of buitekamer wat hulle nie meer wil hê nie. Jy kan self sulke artikels by huise kollekteer, dit dan op goed geadverteerde veilings verkoop en ’n stewige kommissie vir jouself neem in ruil vir jou ondernemerskap.
6 En moenie te hoog wil vlieg as jy nog nie baie kapitaal daarvoor het nie. Te veel entrepreneurs verbrand hulle vlerke heel in die begin.
(Verwerk uit: www.mieliestronk.com)
Postlees: Beantwoord die volgende vrae oor die artikel.
Vrae oor die inhoud van die artikel.
1. Watter vier idees word in die gedeelte genoem? (4)
2. Waar het die artikel verskyn? (1)
Vrae wat toets of jy die artikel verstaan.
3. Verduidelik in jou eie woorde wat ’n “tuisnyweraar” is. (1)
4. Hoe kan jy geld maak as mense hulle produkte by jou verkoop of uitstal? (1)
5. Kies die regte antwoord:
Die uitdrukking “wit olifant” in paragraaf 5 beteken . . . (1)
a. die olifant is wit.
b. dit is ’n standbeeld van ’n olifant.
c. dit is iets wat jy nie gebruik nie.
6. In paragraaf 4 word van ’n “werf” gepraat. Skryf ’n sinoniem vir die woord neer. (1)
Vrae wat kyk of jy afleidings kan maak.
7. Hoe verskil ’n rommelverkoping en tuisnywerheid van mekaar? (2)
8. Verduidelik wat met die laaste sin bedoel word. (1)
Vrae wat jou gevoel/opinie oor die artikel toets.
9. Watter van die idees sal jy kan gebruik om ekstra geld te verdien? (1)
10. Wat sal jy met die ekstra sakgeld kan maak? (1)
11. Watter ander idees het jy om ekstra geld te verdien? (1)
Totaal: 15 punte
Taal in konteks
Jy kan die Taalgids agter in die boek gebruik om van die volgende vrae te beantwoord.
Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.
1. In die volgende sinne is leestekens soos die punt en komma uitgelaat. Skryf die sinne reg oor.
a. By die veiling is ou klere speelgoed en selfs meubels te koop
b. Onthou om die volgende saam te bring genoeg geld ’n houer om die items in te pak en eie eetgoed
2. Kies die betekenis in kolom B wat by die figuurlike taalgebruik in kolom A pas.
Kolom AFiguurlike taalgebruik | Kolom BBetekenis |
Doen die rondte van vader Cloete.Jy gaan jou vingers verbrand.Dit is bo my vuurmaakplek.Geld groei nie op ’n mens se rug nie. | Jy gaan probleme/moeilikheid kry.Jy moet hard vir jou geld werk.Om by almal ’n draai te gaan maak/te kuier.Dit is te moeilik vir my. |
3. Skryf die regte trap van vergelyking neer.
a. Thomas is arm; die bure se seun is die (arm) van almal.
b. Hoe (gou) julle begin werk, hoe (ryk) gaan julle word.
c. Thandi se bod was (hoog) as myne. Sy wou die poppekas die (graag) hê.
4. Skryf antonieme vir die skuinsgedrukte woorde neer.
a. Die artikel het nuttige wenke.
b. Gebruik ’n ongebruikte gebou vir die veiling.
5. Skryf sinonieme vir die skuinsgedrukte woorde neer.
a. Almal is voornemende entrepreneurs.
b. Sjoe, die hondesalon is ’n yslike onderneming.
In hierdie aktiwiteit gaan jy
leer hoe ’n informele brief se formaat lyk
’n informele brief skryf.
Skryf ’n informele brief
Situasie: Jy het besluit om ’n hondeskou te reël.
Opdrag: Skryf ’n informele brief van ongeveer 120 tot 140 woorde (slegs inhoud) waarin jy van jou reëlings vertel. Vra ook of jou maat jou sal kan kom help. Die illustrasie kan jou met idees help.
Hou die volgende in gedagte terwyl jy jou brief beplan.
’n Vriendskaplike brief is persoonlik en informeel.
Die doel is om met familie of ’n vriend te kommunikeer.
Die inhoud (inleiding, inhoudsparagrawe) bevat gewoonlik nuus.
Jou aanbieding moet lewendig en interessant wees.
Die toon en register moet pas by die verhouding tussen die ontvanger en die briefskrywer.
Die slot moet die brief saamvat en ’n rede gee hoekom die persoon vir jou moet terugskryf.
Gebruik die volgende kontrolelys voordat jy jou brief vir finale assessering ingee.
Vereiste | Ja | Nee |
Die formaat is reg: adres, datum, aanhef, paragrawe, afsluiting. | ||
Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf. | ||
Geen leestekens word in die adres gebruik nie. | ||
Geen reёl word tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. | ||
Datum is voluit geskryf. | ||
Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik. Dit word teen die linkerkantlyn geskryf. | ||
’n Reёl word tussen elke paragraaf oopgelaat. | ||
Groete of liefde, ens., is die laaste paragraaf van die brief en daarom is daar ’n punt aan die einde. | ||
Daar word nie ’n reёl in die afsluiting van die brief oopgelaat nie. |
Prosesskryf
Onthou om jou brief volgens die verskillende stappe van prosesskryf te beplan en aan te bied. Blaai terug na Module 1 en 2 as jy onseker is.
beplanning
konsep
hersiening
redigering
proeflees en aanbieding van finale produk
In hierdie aktiwiteit gaan jy
’n advertensie lees en bekyk
vrae oor die advertensie beantwoord
taalkennis hersien.
Lees en kyk
Lees en kyk na die volgende advertensie.
Beantwoord die volgende vrae oor die advertensie.
1. Wie kan almal stalletjies vir die Entrepreneursdag bespreek? (1)
2. Noem een van die kriteria waarvolgens pryse gegee kan word. (1)
3. Noem twee rёels waaraan jy moet voldoen indien jy wil deelneem aan die Entrepreneursdag. (2)
4. Wanneer vind die Entrepreneursdag plaas? (1)
5. Watter rol speel die beoordelaars? (1)
6. Waar kan jy ’n inskrywingsvorm kry? (1)
7. Hoe lank duur die verkope? Skryf jou antwoord in woorde uit. (1)
8. Sal jy vir die dag wil inskryf? Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)
[9]
Lees en kyk na die volgende strokie.
(www.daniecronje.co.za)
Beantwoord die volgende vrae oor die strokie.
9. Skryf ’n woord uit raampie 1 neer wat bewys die man praat met leerders. (1)
10. Dit is duidelik dat die man ’n onderwyser is.
a. Watter vak onderrig die onderwyser? (1)
b. Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)
11. Wat gebeur in die tweede raampie? (1)
12. Dink jy die onderwyser ken sy vak? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
[6]
Totaal: 15 punte
Taal in konteks
Kyk na die volgende prent.
Beantwoord die volgende vrae oor die prent.
1. Kies die regte woord tussen hakies. (1)
Daar hardloop ’n (trop/kudde) honde agter die motorfiets.
2. Skryf die woord tussen hakies in die verkleining. (1)
Self ’n klein (hond) hardloop agterna.
3. Skryf ’n intensiewe vorm van die woorde tussen hakies. (1)
Die bak agterop die motorfiets is (baie rooi)
4. Kies die regte antwoord. Die woord “hondekos” is ’n voorbeeld van ’n . . . (1)
a. afleiding.
b. samestelling.
c. samestellende afleiding.
5. Kies die regte antwoord tussen hakies. (2)
’n Vliegtuig se (motors/motore) kan nie in die lug (breek/breuk) nie.
6. Skryf die volgende sin in die ontkenning. (1)
Iemand moet die honde keer.
7. Skryf ’n woord met dieselfde betekenis as vir die skuinsgedrukte woord neer (sinoniem). (1)
Die man is woedend omdat hy laat gaan wees.
8. Skryf die regte vorm van die woorde tussen hakies. (3)
a. Die honde is baie omgekrap; dit is (omgekrap) honde.
b. Die (blaf) honde hardloop agter die kos se reuk aan.
c. Waar is die (streep) hond wat so honger is?
9. Lees die volgende sin. Skryf die sin oor deur met die skuinsgedrukte woorde te begin. (2)
Die honde hardloop. Die honde hoef nie . . .
10. Skryf die volgende sinne oor. Vul dan ’n bywoord in. (2)
a. Die kos moet afgelewer word. (Bywoord van tyd)
b. Die winkel het die kos bestel. (Bywoord van plek)
Totaal: 15 punte
Formele assessering: Jou onderwyser kan jou antwoorde formeel assesseer vir Taak 3 in kwartaal 1.
In hierdie aktiwiteit gaan jy
’n kortverhaal lees
die kortverhaal bespreek.
Jy het in Module 1 met die kortverhaal kennis gemaak. In Aktiwiteit 3 het jy idees gekry hoe om jou eie baas te word. In die kortverhaal “Die windpomp” in jou Piekfyn Afrikaans Leesboek, het die hoofkarakter, George, ook ’n idee gekry.
Prelees: Kyk na die foto en bespreek die volgende vrae met jou maat.
Waarvoor word ’n windpomp gebruik?
Weet jy hoe ’n windpomp werk? Vertel vir mekaar of gaan vind uit.
Wat kan jy aflei vanuit die foto en die titel oor waar die verhaal afspeel?
Watter tipe werk dink jy doen George se ouers as jy na die foto kyk?
Tydens lees: Gaan lees nou die kortverhaal “Die windpomp” in jou Piekfyn Afrikaans Leesboek aandagtig deur.
Postlees: Voltooi die volgende blokkiesraaisel oor die kortverhaal.
Dwars | Af | ||
2. | Wat gebruik hulle om kos te maak? | 1. | Watter beroep beoefen George se pa? |
5. | Hoeveel windpompies het George die eerste dag verkoop? | 3 | George se pa sê hy moet ’n slim . . . word. |
6. | Waarmee het George die sinkplaat gesny? | 4. | Die windpomp staan langs ’n . . . |
8. | Die skrywer se van. | 5. | Die totale getal lede van die gesin. |
9. | Watter soort persoon werk met siek diere? | 7. | Die seisoen wanneer die verhaal afspeel. |
10. | Die . . . verteller is in hierdie verhaal aan die woord. |