Читать книгу Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen - Страница 8

Bakker se brood

Оглавление

Karakterlys

Reisiger: Ongeveer 25 jaar oud. Baie moeg van die stap. Dra net ’n rugsak (backpack).

Bakker: Ongeveer 35 jaar oud. Lyk baie nors.

Reisiger stap verby ’n bakkery waar hy heerlike, varsgebakte (home-baked) brode ruik. Die bakker is besig om iets op ’n bord buite die bakkery te skryf.

REISIGER: Sjoe, wat ruik so lekker? My maag raas eintlik so honger is ek.

BAKKER: (Sien vir Reisiger en roep vrolik uit.) Heerlike vars gebak te koop! Dit het nou net uit die oond gekom!

REISIGER: Hoeveel kos ’n brood? (Hy haal ’n R5,00 uit sy sak.)

BAKKER: (Sien die geleentheid om geld te maak.) Tien rand, Meneer.

REISIGER: (Laat sak sy kop.) Jammer, ek het net vyf rand. Gee my dan ’n halwe brood.

BAKKER: (Omgekrap) Ek verkoop nie halwe brode nie.

REISIGER: Dit is jammer.

BAKKER: (Baie verbaas) Wat bedoel jy?

REISIGER: (Baie sarkasties) Ek sal dan maar voor jou winkel staan en my vyf rand in die straat gooi. Ek sal die heerlike brood ruik en steeds honger wees. Jy sal net die vyf rand se klank hoor. En geen geld in jou sak hê nie.

BAKKER: Wat bedoel jy?

REISIGER: (Draai om, gooi sy geld in straat en ruik die brood.)

BAKKER: (Kyk hom verbaas aan en besef skielik hy het tog besigheid verloor.)

(Henry October. Ongepubliseer)

Postlees: Beantwoord die volgende vrae oor die drama.

1. Wat dink jy is dit wat Reisiger geruik het?

2. Wie is die karakters?

3. Waar speel die verhaal af?

4. Waaroor gaan die drama? (Watter les kan uit die drama geleer word?)

5. Watter soort werk doen ’n bakker?

6. Kies die regte antwoord: In spreekbeurt 1 “raas” Reisiger se maag; dit beteken . . .

a. dat sy maag baie kwaad is.

b. dat Reisiger baie honger is.

c. dat dit eintlik ’n hond is wat raas.

7. Skryf of die volgende waar of onwaar is. Gee ’n rede vir jou antwoord.

Die bakker kan meer geld maak as hy halwe brode ook verkoop.

8. Skryf ’n woord uit die spreekbeurt 2 neer met die teenoorgestelde beteken as “nie lekker nie”.

9. Sê in jou eie woorde wat met die titel van die drama bedoel word.

10. Het jy van die drama gehou? Gee ’n rede vir jou antwoord.

11. Wie se kant sal jy kies: Reisiger of Bakker? Gee ’n rede vir jou antwoord.

12. Watter raad kan jy vir Bakker gee om meer geld te maak?

Taal in konteks


Jy kan ook die Taalgids gebruik vir ekstra voorbeelde.

Woordvorming

Stam/basisvorm

Dit is die deel van ’n woord wat die betekenis aan die woord gee. Byvoorbeeld: gesondheid, tweede, bedelaar, oefening, beïndruk.

Wanneer ’n woorddeel voor die basis/stam gevoeg word, word dit ’n voorvoegsel genoem. Byvoorbeeld: ontken.

Wanneer ’n woorddeel agter aan die basis/stam gevoeg word, word dit ’n agtervoegsel genoem. Byvoorbeeld: kennetjie.

Afleidings

Dit is wanneer nuwe woorde gevorm word deur agtervoegsels en voorvoegsels by een woord of basisvorm te las, byvoorbeeld: bou – bouer, ken – herken, soek – soeker, versoek, besoek.

Samestellings

Wanneer twee basisvorme gebruik word om een woord te vorm, noem ons dit ’n samestelling, byvoorbeeld: hart + seer = hartseer, hospitaal + bed = hospitaalbed.

Soms word ’n verbindingsklank tussen die twee basisvorme gebruik sodat die woord makliker lees/sê.

Samestellende afleiding

Wanneer twee basisvorme en voor- en/of agtervoegsels gebruik word, word dit ’n samestellende afleiding genoem. Byvoorbeeld: tenktrokke; skoolbroeke.

Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

1. Skryf die regte vorm van die woord tussen hakies.

a. Die brood se reuk laat almal se (maag) grom.

b. Die bakker bak nie klein (brood) nie.

2. Vorm ’n samestelling van die woorde tussen hakies.

a. Die land het nie kos nie, daar is ’n (honger+nood) in die land.

b. Die (eier+dop) is baie hard en word nie gebruik nie.

c. Daar groei ’n (vy+boom) agter in die bakker se tuin.

3. Skryf een woord (afleiding/samestelling) vir die skuinsgedrukte woorde.

a. Die persoon wat die eienaar van ’n winkel is, staan buite.

b. Die dief steel sonder dat hy gesien word brood.

4. Gebruik voor- en/of agtervoegsels en vorm nuwe woorde van die volgende basisvorme. Gebruik die woord in ’n goeie sin.

a. woord

b. koop

c. sien

5. Skryf uit watter basisvorm(e) die skuinsgedrukte woorde saamgestel is.

a. Lees op die bord by die bakkery.

b. Die reisiger is baie honger.

c. ’n Eensame bedelaar stap weg.

6. Skryf sinonieme vir die skuinsgedrukte woorde.

a. Die brood proe lekker.

b. Jy moet vroeg by die bakkery wees.

7. Skryf antonieme vir die skuinsgedrukte woorde.

a. Sjoe, dit ruik baie lekker.

b. Ek is honger.

8. Skryf die volgende sinne in die ontkenning.

a. Die bakker kyk hom verbaas aan.

b. Iemand het gesien wat Reisiger gedoen het.


In hierdie aktiwiteit gaan jy

 ’n internet-artikel lees vir begrip

 vrae oor die artikel beantwoord

 taalkennis hersien.


Leesbegrip

Prelees: Gesels met mekaar oor die volgende vrae:

 Wie in die groep/klas doen ekstra werkies vir geld?

 Op watter verskillende maniere kan jy ekstra geld verdien?

 Op watter manier verdien die kinders in die illustrasie geld?

 Watter soort uitgawes gaan hulle dalk hê?

Bespreek die volgende woordeskat met jou maat.


hoog wil vlieg – wil iets beter doen as waartoe jy in staat is

na-aper – iemand wat dieselfde dinge as jy doen

nuttige – jy kan dit gebruik

omskep – om te verander

tuisnyweraar – iemand wat iets self maak of bak en dit verkoop

veilings – waar iets teen die hoogste aanbod verkoop word

voornemende – as jy van plan is om iets te gebruik

welkome ekstratjie – iets ekstra waarvan jy hou

Tydens lees: Maak beurte en lees die volgende artikel deur.

Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

Подняться наверх