Читать книгу Bientang - Jolyn Phillips - Страница 12
Оглавлениеvanoggend op die walvismat vorm ’n drupklipgrot
die see die see die see my skuldbeen is ’n afgekapte wiek
ek mis jou ruggelingse wieg dis tyd vir vygiedra
atta vra ek hoe raak mens minder hoekom brand ek
raak ek donker ouer wind as ek my hakskeen lig hol ek
die rooibekvoël ken al die see
se raaisels ek ken al my pa se raaisels maar
hy ok hy word ’n dofwoord hy word
skim hy wys my hoe ek weg kan beweë
my hele lyf dans soet soe-soe die krale
om my enkels nek en toe