Читать книгу Bientang - Jolyn Phillips - Страница 16

Оглавление

die eerste storm roep my ek kan nie meer my luister inhou nie

ek sit op die plaat sit sonne en mane om ek bid vir die see

ek maak ’n storm aan ek por die see aan daar staan hy

vat hom na sy hel toe hy wat my broer is kyk hy staan

met ’n visstok hy is aas vang hom voor jou sluk hom in

een van die dae is die galjoentyd verby haak hom see

ek het my storms in jou begrawe vat die stormstoker

voor die galjoene ophou byt in stormsnaam ek verdien die guns

ek sal jou wagter wees ek sal na jou waterkinders kyk

ek sal met elke brander getuienis hou van jou

ek bientang jou visvrou vra dit tot sy sout word

arms sussend my lied my lyf wat die wind na-aap

my heupe kalm laaggety ek roffel my voete als dans

sam-saam ’n donderstorm als saam is wolk wat breek as ek

wakker word is my krag ’n toering op my kop

my pa hou wag langs die vuurtjie die wind praat die kole om

Bientang

Подняться наверх