Читать книгу Bientang - Jolyn Phillips - Страница 13
Atta se voorgevoel
Оглавлениеek het dit geweet die medisyneman het dit aan ons verklaar ek
is aangemaak met die see my !nau die groot storm roep!
dit is galjoentyd die water is my beletsel
die dood hardloop weg vir ons die bientangkind vang dit
Atta sien die kind se koliek goggo die stormse
atta soms soek ek nog vir jou tussen die waters
atta ek mis atta tot in die murg van my harte
ek nodig my bloekomgeneester perlemoer
haasvel trek atta van sy vlies af en sit dit op my pa’le se bors
my atta is ’n slanggeneester suie ’n gif uit soos ’n wig
wie sy ma’te wegspoeg atta se roeping reën hael