Читать книгу Bientang - Jolyn Phillips - Страница 17

Оглавление

die dag toe ek wegloop van duiwelsgat af het ek die familiestrik afgetrap

en my geswelde enkel herinner my gedurig

ná my broer se dood staan pa’le

met sy rug na my ma’le staan met sy rug na my

wys die medisyneman die rigting van hulle af

loop

die begrafnis het ek by my los hulle my rou

pak ek weg in my agterkop dit gordelroos in my

loop

sê die oestervanger daar wag vryheid vir jou anderkant loperbaai

ek loop

ek breek julle tak vir tak van my af daar wag vryheid

annerkant loperbaai ek het my atta se mantel ingepak

my pa’le se slinkse kunde sit nog vas in my vel

ek kan tuin maak ek kan visvang ek visvrou van die loperbaai

ek staan op die plaat klipgatgrot en die sandberge agter my

my voete is plat my tone uitgesprei oor die skulpgruis

wanneer die see terugtrek hoor ek die ghoera die water

skoon en koud soos my bloed ek kyk voor my

ek kyk hoe die gety kwaad word my broer skaaier van my !nau

het waterwys in die storm se hande gespeel

Bientang

Подняться наверх