Читать книгу Bientang - Jolyn Phillips - Страница 20

Оглавление

is my bek nie genoeg souterig nie

is my ore nie genoeg ingelê van die branderbraak nie

my kop is ’n suurvygie wat eers ’n kroon gedra het

maar ek voel die son maak my hard van buite en sag van binne

en hoe het ek staat en sukkel in die begin

hier was vars water om te drink maar ek en hierdie grot is nat

hier kan nie vuur brand nie nie vir lank nie hoe moes ek nie

die mure droog hou nie maar dan die alewige geswetery die saambly

met die donkerte die plek is ’n omgedopte volstruiseier

wat in hom net middernag berg ek is agter die oestervanger aan

en ook hy het die kos uit my bek gepik

ek is nou gewoond aan die koue klam huis van my

ek ken die kranse se nukke ken die kolieksomers

ek weet watter winde tart jou ek moet bieg ek is so sout soos jy see

ek kry lekker vir bote wat soos leë kreefdoppe teen jou kraak

ek kook mossels in bamboese

Bientang

Подняться наверх