Читать книгу Apocrypha - M. M. WALTERS - Страница 10
ОглавлениеAPOCRYPHA VI
Gij zult niet begeeren uws naasten
vrouw. – Exodus 20:17.
My buurvrou lê graag
met kaal boude
in die son smiddags
as dit warm skyn.
Ek wil mediteer:
nog ’n heilige Markus –
want die duiwe vreet mielies
uit die ronde holte
van ’n wit nawel.
Apollo kwyl
en kou groen blare,
maar die mossies skyt
op Daphne.
’n Houtperd vul
vuur en swael,
en Hekabe huil oor Hektor.
Een gebreklike seun
is restant van ’n boedel
van ’n warm Jodekoning.
Twee oë loer
Bathseba in ’n vat
en tienduisend sterf
van dié heerlikheid.
Kom, kyk, verower,
maar die adder steek
tussen die vye.
Die heidene tas my ryk aan,
maar die mure van Rome
is hoog en heilig.