Читать книгу Apocrypha - M. M. WALTERS - Страница 20

Оглавление

APOCRYPHA XVI

De vossen hebben holen, en de vogelen des hemels

nesten . . . – Mattheüs 8:20.

Dis nie in kamers dat die mens

sy rus sal vind nie –

al is die bed vibrasie

en die lakens soet en sag;

ook nie in die gunste van die gades

wat eers gul gegun

en dan terloops en sugtend aangebied word;

of in die hoë huise,

“warm en wit verlig” –

wat maak dit saak

waar die liefde tog uiteindelik misdryf word?

As jy kastaiings uit die vuur moet haal,

is dit beter as die misvloer kaal

en die vuurherd wyd en oop is.

Al is die uitsig skoon,

wie keer graag terug

as die opdraend swaar

en daar ’n hoë bult in die hart is?

Ook nie in stede of in streke –

al bied die een soet vleis

en die ander sag gegiste wyn –

die bitter en die suur lê nie in die mond nie.

En wat staan daar geskrywe

van wat by die mens ingaan?

Nee, die seun van die mens soek tevergeefs,

tevergeefs na ’n rusplek vir sy hart:

hiér sal hy dit nie vind nie.

Apocrypha

Подняться наверх