Читать книгу Apocrypha - M. M. WALTERS - Страница 8
ОглавлениеAPOCRYPHA IV
Gij zult geene andere goden voor mijn aangezigt
hebben. Want Ik de Heere uw God, ben een ijverig
God, die de misdaad der vaderen bezoek aan die
kinderen. – Exodus 20:3.
Die man sal sy moeder verlaat,
maar aan ’n ander vrou bly kleef –
letterlik suig,
deur haar gesoog word,
want dit gaan maar altyd om die spene.
Dié is óf vet en swaar omlyn,
dik soos ’n skottel deeg,
óf dun gedruk met punte
van spons en visbaleine.
Die klein rondetjies moet suggestief wees,
die grotes half ontbloot,
en die plat ou paddatjies moet rondspring,
dril-dril, verder om’t ewe,
want elkeen soek na sy Diana,
dors na buuste en nie brein nie –
betaal dan later droog bedroë,
dienooreenkomstig,
duur skoolgeld vir sy kinders.