Читать книгу Apocrypha - M. M. WALTERS - Страница 18
ОглавлениеAPOCRYPHA XIV
En de Heere zeide tot Jakob: Keer weder tot het land
uwer vaderen. – Genesis 31:3.
Vir Albertus Melvill
Langs Toorberg groei die wildeals
oor Wilken se murasie, en fonteine
onder kranse syfer diep uit die verlede
verby kaal stamme – die herfs se wit refreine.
Die jaar kruip aan en alles is so oud –
olienhoutbome word verweerde bouwerk in die klowe;
die rook uit strooise sukkel blou en koud –
lusernmied wat strooidak staan en stowe.
En as die winter in die Boland sif en sif,
(O herinnering uit my kinderdae!)
dan sal ek nie weet waar ek hoort:
in bruin deurweekte wingerde onder Hawakwa se rif,
of in die blink Karooveld met sy rooigras teen die hange
wat nou so heg nog aan my hart behoort.