Читать книгу bladspieël - Marlise Joubert - Страница 15
agenda
Оглавлениеdie gestringde gedig
moet ’n lang gedig wees
’n rankplant teen ’n wit
ringmuur aan die een kant op
en aan die ander kant soos slingers
webbe om jou voete af
sodat jy nie kan beweeg nie, vasgevang
om die enkels van begeerde ontroering
so moet die gedig jou mettertyd tot
stilstand bring, tot absolute stilte laat basuin
sodat jy die woorde word, self die klank
en die ritme van ’n verlore tyd, die afstand
van vrugwater na sloot
en later slegs ’n hartklop
wat jou opraap ver verby
die stingelende dood