Читать книгу bladspieël - Marlise Joubert - Страница 8
by die lees van
Оглавлениеek lees jou baie lang gedig
oor die afwesigheid van berge
ek word eufories daarvan
op die dak van my huis
spat hael oorverdowend oraloor
op die stoep spring hulle
soos patroondoppies uit ’n magasyn
aan die einde van jou bundel
kyk ek uit op die stilte
die gras is wit soos ’n laken
en toe die son deurbreek
word alles weer water