Читать книгу In gesprek met God - Milanie Vosloo - Страница 3
ОглавлениеHoe groot is die mag van gebed!
Dis nie nodig om hoogdrawend geykte woorde
te vorm nie …
nog minder om geleerd, gewild of
sterk gelowig
te wees.
Want gebed is die voorreg
om met God te gesels:
oor jou twyfel, ongeloof, sonde, pyn,
vrae, vreugde …
op jou manier.
Gesels saam met my in hierdie bundel.
Bid jou eie bid.
En luister.
Hy sál antwoord.