Читать книгу In gesprek met God - Milanie Vosloo - Страница 9
ОглавлениеPraat tog met my!
Here, ek hoor U nie!
Ek soek bakens, padwysers, vuurtorings,
antwoorde, rigting, leiding
in Die Bybel, mense se raad, toevallige gebeure …
in die wind se kartels op die see,
in stuifreën, misnewels, die son wat rooi verkwyn.
En ek weet nie of dit U is wat praat nie.
Leer my U hóór.
Help my om u hand ráák te vat.
Loop u pad met my, Here.
Laat ek U sonder voorbehoud volg
– vertrou –
al verstaan ek niks.
Wys my die leidrade.
Wys my u rigting.
Leer my U sién.
Leer my die alfabet van u taal.