Читать книгу In gesprek met God - Milanie Vosloo - Страница 7
ОглавлениеWaar is U?
Mense wonder oor U, Here.
Baie twyfel aan u bestaan.
Ons almal bevraagteken soms u planne.
U’t alle rede om ons kwalik te neem daaroor,
want dis eintlik omdat ons te méns is
om U rêrig te verstaan!
Hoor ons stom gepraat, Vader.
Gee alsiende brille vir ons oë se skille.
Alwyse God, bring
antwoorde
sekerheid
vrede.