Читать книгу In gesprek met God - Milanie Vosloo - Страница 4

Оглавление

Liewe Vrou

Sukkel jy soms om met God te praat? Stoei jy soms met jou geloof, jou gebedslewe en die baie dinge wat jy nie verstaan nie? Dan is In Gesprek met God vir jou bedoel. Want die waarheid is dat God, ongeag waar jy in jou lewe is, hééltyd met jou wil gesels. Hy wil hê dat jy jou hart se twyfel, verlange en seer sonder skroom voor Hom sal neersit en dat jy soms woordeloos net voor Hom sal sit … sodat Hy Homself aan jou kan openbaar. En sodat Hy jou kan vertel hoe kosbaar jy in sy oë is, hoe naby Hy aan jou wil leef en hoe lief Hy jou het.

God wil met jou praat … selfs wanneer jy nie wil nie.

Want Hy verstaan jou twyfel, jou weerloosheid, jou vrese en jou pyn … omdat Hy self daar was.

Mag die eerlike woorde in hierdie boek jou help om te gesels met die Een wat jou so liefhet dat Hy lank reeds vir jou gesterf het … dat Hy lank reeds vir jou leef. Mag jy Hom in die stilte van jou hart vind en beleef hoe Hy vir sê: Ek het jou oneindig lief, my kind!

Vrede vir jou, Vrou.

Milanie Vosloo

In gesprek met God

Подняться наверх