Читать книгу In gesprek met God - Milanie Vosloo - Страница 6
ОглавлениеHoe kry ek U?
Here, ek soek maniere om U te vind …
die een deel van my smag na U,
terwyl die ander deel van U wegskram.
Is dit onkunde, sonde en vrees?
Ja, Here, ek is soms báng vir U
– soos ’n kind vir sy pa.
Wys my asseblief Uself, Here.
Maak my vry van my skuld, twyfel en vrees
totdat daar ruimte is vir U.
Help my onthou: Al die jare sonder U
hoef nie in die plek te staan
van ’n lewe saam met U nie.
Hier is ek, Here.
Ek kan nie self glo nie … maar U kan my láát glo.
Ek kan nie verander nie; omskep U my.
U kán my ’n nuwe lewe gee …
nuwe denke, ’n nuwe gees, ’n nuwe liggaam.
Vader, maak my volkome nuut.