Читать книгу Uit oerwoud en vlakte - Sangiro - Страница 3
Voorwoord
ОглавлениеIn die volgende dieresketse speel die verbeelding geen rol nie. Die skrywer het getrag om die lewe en gewoontes van wilde diere, soos hy dié in vele jare leer ken het, eenvoudig weer te gee. Ook onder die wilde diere bestaan daar ’n soort van geesteslewe, wat die opmerksame waarnemer telkens weer met verwondering vervul; vir hom word dit naderhand moontlik om die diere se gewaarwordinge uit hulle uiterlike beweginge te verstaan.
In die skets “Renosterlewe”, waar die verhaal oor ’n langer tydperk en ’n afwisselende toneel loop, het die skrywer verskillende gevalle tot een verhaal saamgevat; dog tot in die kleinste besonderhede berus dit op natuurware waarneminge en persoonlike ondervindinge.
In “Die lotgevalle van ’n leeufamilie” is die gebeurtenisse, met uitsondering van gedeeltes van die laaste hoofstuk, nagenoeg letterlik opgeskryf soos hulle plaasgevind het.
Die omgewings waarin die diere hulle beweeg, is in alle opsigte na die werklikheid geteken.
DIE SKRYWER