Читать книгу Ridders van die grondpad - Деон Мейер - Страница 19

Оглавление


Volg die Kammanassie – Oudtshoorn na Uniondale

Ek het altyd gedink ek ken die Klein Karoo. Dit is immers die gewildste speelplek van die Wes-Kaapse grondpad-manne en -vroue en boonop het ek dit sowat sewe jaar gelede deurkruis op soek na roetes vir ’n groot BMW-byeenkoms.

Toe ek ons mooi land verlede jaar vir twee Duitse vriende wou gaan wys, moes ek skielik ’n grondpad tussen Oudtshoorn en Uniondale kry. Só ontdek ek toe die GPS-roete wat vol belofte vanaf Dysselsdorp deur die berge tot by die Kammanassierivier kronkel. Danksy Anton Goosen se “Blommetjie gedenk aan my” wou ek nog altyd dié stroompie en die legendariese spookmeisie gaan soek.

Die werklikheid was veel mooier en lekkerder as wat ek verwag het. Die roete loop deur die geskiedkundige Dysseldorp aan die voet van die Kammanassieberge. Hou gerus stil en stap met die voetpad na die klein kerkie op die heuwel – honderde mense doen dit jaarliks as deel van ’n Goeie Vrydag-pelgrimstog.)

Bestudeer die GPS-kaart maar deeglik, want daar is heelwat paaie wat uit Dysseldorp loop en hulle is nie goed genommer of aangedui nie. As jy eers op pad is, moet jy lig loop vir skelm, skerp draaie. Wanneer ’n mens later die Kammanassierivier se loop volg, is die versoeking groot om in die mooi valleie af te tuur. Hou liefs stil, want daar is heelwat landbouverkeer.

Terloops, ons het toe nie die spookmeisie gesien nie. Dalk gaan ons volgende keer in die maanlig die roete ry …

Roetegradering

1

Beginpunt

Oudtshoorn

Afstand

106 km tot in Uniondale.

Tydsduur

Twee uur se rustige ry.

Ridders van die grondpad

Подняться наверх