Читать книгу Uit die Beek 2019 - Barend Vos - Страница 37

Donderdag 31 JANUARIE 2019 Lees 2 Kronieke 34:1-7

Оглавление

Opruim

Josia was ag toe hy koning geword het … Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here (v. 1-2).

Wat sal ons in hierdie tyd oor dié bekende verhaal sê? Die een van die bloedjong kind-koning en al sy hervormings?

Dalk maar dit: Al die ou volk se konings was darem nie sleg nie. Kyk dan nou hierdie jong man. Hy was maar twintig toe hy begin het om die afgodsdiens in sy land aktief te beveg. Hy het “persoonlik toegesien” (v. 4) dat die gruwelike tekens van die Baälaanbidding landwyd vernietig word.

Ja, dit kan ons dus ook hiervan sê: As jy jou afhanklikheid van God na behore besef, is jy oud genoeg om ’n koning te wees. Agt­jarige konings het straks simpatieke raadgewers nodig om reg te re­geer en die landsadministrasie te laat vlot, maar as daardie koning se hart aan die Here behoort, is die saak reg. Dan sal hy weet dat hy hom uiteindelik net aan Een se stem hoef te steur. En dat hy net aan Een verantwoording hoef te doen.

Dit alles mag ons – wat sommerso, half ongemerk, aan die einde van die jaar se eerste maand beland het – maar ter harte neem: As jou nuwejaarswense, nou reeds ’n maand oud, dalk die voorneme ingesluit het om ’n slag behoorlik skoon te maak – doen dit!

En as die suiwering van alles wat jou so lank reeds pla – in jou eie lewe, jou gesin s’n, jou kerk en jou mense s’n – regtig jou erns is, is dit nie te laat om daarmee te begin nie. Luister net fyn na die Here se stem. En let goed op na hoe sy hart klop.

Doen dan wat jy weet jy moet doen.

____________________

Begin eers by my, Here. Vorm my en maak my, net soos U wil.

Uit die Beek 2019

Подняться наверх