Читать книгу In die buitenste ruimte - Danie Marais - Страница 11
Die nag vol woorde
ОглавлениеDie nag hier vol
vol beloftes van lente soos
’n geskeide pa op besoek
aan sy enigste kind soos
vergewe my soos
Johnny Cash in “Delia’s Gone”.
Die nag, ja die nag, man,
kan jy rol
soos ’n hardgekookte eier op ’n tafelblad soos
Lou Cyfer in Angel Heart
voor jy die siel eet,
maar jy sal nooit durf waag
om iets te kraak of breek nie –
“move most gently if move you must
in this lonely place”.
En as ek dan mail kry soos dié,
liewe Jean,
so 4-uur in die oggend
van alleen en dronk,
dan hoor ek Rickie Lee Jones se
”flapping sound of longing”
oral om my,
dan wil ek
agter jou woorde aan terugloop
soos Hansie en Grietjie
agter daai klippies
in die maanskyn aan –
huis toe.