Читать книгу In die buitenste ruimte - Danie Marais - Страница 15

Groot

Оглавление

Gister het Emma vir my die swart arend,

die kamma-tattoo op haar voorarm, kom wys

en vandag aan die begin van langpouse

haar nuwe skoene met reuse- blink blommetjie-gespes.

Terwyl sy effens verleë weggekyk het,

probeer dink het aan nog ’n verskoning

om ’n bietjie langer by my rond te hang

voor sy buite gaan speel

en ek in die personeelkamer gaan koffie drink,

net toe, het ek gewonder hoekom –

hoekom ek en my neefs ooit

ingegaan het vir ete

hoekom ons van ons boomhuis in Milnerton

weer grond toe geklouter het?

In die buitenste ruimte

Подняться наверх