Читать книгу In die buitenste ruimte - Danie Marais - Страница 8

Vierde verdieping, in die hoek

Оглавление

nie meer pizza in die vrieshokkie nie

die melk is op

nie meer skoon sokkies nie

al die rooi en blou wasgoed is vuil

orals krummels

hare op die badkamervloer

die skottelgoedmasjien uitpak is te veel vir my

die supermark is ver

die telefoon praat nie meer met my nie

die stories bly vandag in hulle boeke

selfs my angs kruip weg vir my

dit reën in die wind

dis 10 voor 3 al

eendag gaan ek huis toe

twyfel of ek dit vandag tot in die badkamer gaan maak

In die buitenste ruimte

Подняться наверх