Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 66

Ná ’n besoek aan die dieretuin

Оглавление

Hebban olla vogala . . .

Twee kraaie het hul nes gemaak

van stukkies draad;

en in staalkoue

ver van riete en riviere afgesluit

broei rooivinke en wildepoue

nog hul eiers uit;

in ysterhokke

ver van rantjies en langgras

werp ape en die waterbokke

nog hul kleintjies af;

net in ’n enkelkamer ek en jy

van hulle vreugde afgeskei.

Versamelde poësie

Подняться наверх