Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 70

Man met flits

Оглавление

In die klein wit kol

van my wete stol

bruin en skerp ’n klip

soos ’n bok wat skrik,

staan, vinnig weghol

uit die klein wit kol.

Aan ’n takkie hang

twee ogies wat bang

uit die klein wit skyn

van my flits verdwyn.

Oor waters wat glip

soek ek klip na klip

maar ’n duister land

bedreig my alkant.

Versamelde poësie

Подняться наверх