Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 77
Mont-aux-Sources
ОглавлениеOns eerste liefde was
’n wit galop van hingste
kniediep deur die gras:
ontdekkings, avonture
in die grotte, ’n geil slaap
in holtes langs rooi vure.
Nou starend van die koue krans
voed een bron ons vergesigte –
’n hoër vreugde, dieper angs.