Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 71

Wildernis

Оглавление

Watter boom se bitter wortel,

watter beentjie van die tortel

sal die hart teen bose gees

beskerm en van eensaamheid genees?

sal die kranse en die wildepeer

tot sin en ewigheid besweer?

Met die jare word die kamer

daagliks onherbergsamer

en buite kom ’n kilte

dieper uit die klip en stilte,

buite agter ’n miershoop lê

die maer lyk van Eugène Marais.

Versamelde poësie

Подняться наверх