Читать книгу Laat u Naam geheilig word - Esté Geldenhuys - Страница 4

Оглавление

Erkenning aan …

Vader-God, Yeshua en Heilige Gees, wat die opdrag gegee het, wat my voorberei het en wat my nooit in die steek gelaat het met al die ure van sit en skryf nie.

My kosbare gesin, my man, kinders en kleinkinders; ook my susters en broer vir hulle opofferende liefde en steun. Jesus se koesterende liefde deur julle het hierdie projek deurgesien.

Soveel vriendinne wie se volgehoue aanmoediging en steun momentum bly gee het tot by hierdie eindproduk. Die steun van die liggaam van Christus om my was tasbaar deel van hierdie proses.

Al die baie Radiokansel-luisteraars oor die jare heen … Julle was die oefenveld wat ons Vader voorberei het vir dit wat uiteindelik in die bladsye van hierdie boek saamgevat is. Dankie vir julle volgehoue aanmoediging en belangstelling.

Laat u Naam geheilig word

Подняться наверх