Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 23

Dubbelspel

Оглавление

Ons dubbelspel het my vermaak,

die kierang-speel, die knikkop-praat.

Die een spieël in my kamer was

blink-glad, die ander een gebars.

Jy dink maar, god-mens, jy het my deurgrond;

ek sal jou so verwar en so verwond

dat jy van spieël tot spieël sal draf en wonder:

as hierdie sy is, God, wie is die ander . . .?

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Подняться наверх