Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 39

Herfsoggend

Оглавление

Spies van die horison wat die see en die lug deurboor

oggendsoene op my borste soos opkomende sonne

deur alle waters sal jy kom

alle oerwoude op alle paaie

in elke droom waaraan ek my nie herinner nie

jou hande wat hulself onteien

en jou liggaam wat hom stort in die gewonde herfs

Oggendstrale verwarm die kamer soos

goue eekhorinkies op soek na verborge geheime

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Подняться наверх