Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 37
Ek herhaal jou
ОглавлениеEk herhaal jou
sonder begin of einde
herhaal ek jou liggaam
Die dag het ’n smal skadu
en die nag geel kruise
die landskap is sonder aansien
en die mense ’n ry kerse
terwyl ek jou herhaal
met my borste
wat die holtes van jou hande namaak
Desember 1959