Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 35

Op alle gesigte

Оглавление

Op alle gesigte van alle mense

altyd jou oë die twee broers

die gebeurtenis van jou en die onwerklikheid

van die wêreld

Alle geluide herhaal jou naam

alle geboue dink dit en die plakkate

die tikmasjiene raai dit en die sirenes eggo dit

elke geboortekreet bevestig dit en die verwerping

van die wêreld

My dae soek na die voertuig van jou liggaam

my dae soek na die gestalte van jou naam

altyd voor my in die pad van my oë

en my enigste vrees is besinning

wat jou bloed wil verander in water

wat jou naam wil verander in ’n nommer

en jou oë ontsê soos ’n herinnering

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Подняться наверх