Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 31

Afskeid

Оглавление

Dit was jou laaste onversoenb’re wens

Dit lê my laaste hoop aan bande:

Daarna was ek nie meer dieselfde mens

en staan ek met jou skraal groet in my hande.

En leef jy in portrette en ou drome

en leef jy in my siel volmaak en vry:

Wit vlieg die voëls verby die bome

Uit tien wit briewe spreek jou stem tot my.

Toe moes ek my van andere afwend

En toe my ongeneesbaarheid vermoed

Jy sal jouself vir my nooit skend

Want in my hande lê jou laaste groet.

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Подняться наверх