Читать книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker - Страница 30

Ek het gedink . . .

Оглавление

Ek het gedink dat ek jou kon vergeet,

en in die sagte nag alleen kon slaap,

maar in my eenvoud het ek nie geweet

dat ek met elke windvlaag sou ontwaak:

Dat ek die ligte trilling van jou hand

weer oor my sluimerende hals sou voel –

Ek het gedink die vuur wat in my brand

het soos die wit boog van die sterre afgekoel.

Nou weet ek is ons lewens soos ’n lied

waarin die smarttoon van ons skeiding klink

en alle vreugde terugvloei in verdriet

en eind’lik in ons eensaamheid versink.

Ingrid Jonker Versamelde Werke

Подняться наверх