Читать книгу Ingrid Jonker: Versamelde gedigte - Ingrid Jonker - Страница 10
Keuse
ОглавлениеEk het U raad, o Heer, verloën en ru
Gewens om hom by my te hê instede van
die samesyn met U.
Ek het die bitter kan
van U linkerhand geneem toe U
tussen die sterre deur twee bekers na my reik
En nou het ek die sku
gevoel dat ek U in die oë sal moet kyk.
Junie 1951