Читать книгу Ingrid Jonker: Versamelde gedigte - Ingrid Jonker - Страница 12

Opdrag

Оглавление

Wat kan ek nou nog vir jou sê –

My bitter liefde is uiteindelik verby,

En net jou sterre-oë uit die duister

Skyn hierdie oomblik nog naby.

Wat wil jy nou nog van my hê,

Eerdat die laaste gloed uitbrand?

Ek weet alleen ons siele bly

Nog hierdie oomblik diep verwant.

Ek kan jou fluisterend vertel

Die eindtoon van die helder lied

Van jeug en liefde is gemeng

Met skemeringe van verdriet.

Ek kan my laaste woorde gee,

My laaste trane en my laaste leed.

Dan sal ek, na dié oomblik, selfs

Hart van my hart, selfs jou vergeet!

Naweekpos, 26 Julie 1954

Ingrid Jonker: Versamelde gedigte

Подняться наверх