Читать книгу Ingrid Jonker: Versamelde gedigte - Ingrid Jonker - Страница 6

Dwaling

Оглавление

Toe het ek gedink dat jy en julle

min is; ek het gevoel

dat ek verby die kille

winde van jul onreg en die doel

van jul terloopse groet is.

Ek het die hoop en liefde wat ek eens

gegee het as jou erfenis

geneem; ek het gelag en weens

my vrolikheid en goedheid veel gewen.

Maar toe die ligte dof word en die aandklok fel

die leegte inlui was ek diep bedroef en

in myself was ek teleurgestel.

Junie 1951

Ingrid Jonker: Versamelde gedigte

Подняться наверх