Читать книгу Ingrid Jonker: Versamelde gedigte - Ingrid Jonker - Страница 8

Skrik

Оглавление

Jy is

’n rustelose see;

dis snaaks hoe jou liefde

’n vrees is; ek is bang

As jy stort en styg om my heen

Tot ek vlug

Oor die sand

Van die bewende waterkant heen.

Jou woord is ’n klotsende brander

en die skuim jou wit trots

Maar wat gebeur en verander

In die donkergroen diep van jou bors?

Junie 1951

Ingrid Jonker: Versamelde gedigte

Подняться наверх