Читать книгу Ingrid Jonker: Versamelde gedigte - Ingrid Jonker - Страница 7

Na die Franse kunstentoonstelling

Оглавление

Voorgrond

Vir jou gee ek my bloedjong digterskap,

My kinderkuns, my baie woorde

Maar as ek weer

Met diep gedagtes stap vir stap

Na koue, winderige oorde

Keer

Gedenk ek slegs die groot onvrye dinge

Wat fel en seker is:

Die fondament

Van lewe en van dood, die silwerlinge

Wat ons lewens koop, en voor ons wis

Vir ons na vaster, strakker dieptes wend.

Junie 1951

Ingrid Jonker: Versamelde gedigte

Подняться наверх