Читать книгу Toe dit nog vroeg was - Mari Grobler - Страница 12

naglig

Оглавление

spring die maan

soos ’n tier agter die rant uit

dans die grotman en sy vrou

roep die nag soms “kiewiet!”

ken hul mekaar

op hul vingerpunte

drup wolke in die see

salf hy haar met sweet

hoor hoe sy luister

hy verstaan die taal wat kwartels

deurnag met wyfies

onder ’n volmaan praat

Toe dit nog vroeg was

Подняться наверх