Читать книгу Toe dit nog vroeg was - Mari Grobler - Страница 14

Storievuur

Оглавление

Narni se stories loop van mond tot mond

waar daar ’n rokie was.

Narni se stories trek van tong tot tong

tot by die vuur waar mense “yi-hii!” skree.

Narni se stories slaap saam met die geeste;

hulle skuil waar die mans gifpyle maak;

kwetter met voëls,

naby water.

tjô!

laatmiddag val hy gat oor kop

in ’n erdvarkgat

waar die luiperd skuil

yau!

hy hol hak teen boud

met dié tier van ’n storie

tot by die vure

Narni: San-mansnaam

Toe dit nog vroeg was

Подняться наверх