Читать книгу Toe dit nog vroeg was - Mari Grobler - Страница 16

Skilder

Оглавление

Hy wat van geskrewe taal niks wis,

praat met vere, stokkies, beensplinters,

klipskerwe en bokhaarkwaste.

Sy verf is witklei, voëlmis, plantsap;

klipstof, houtskool, skulp

met bloed, sweet, spoeg en pis berei.

Tien kleure in kalbassies om sy lyf;

dit sif terwyl hy draf.

Netnou jag hy grootwild

met sy voëlveerkwas.

Toe dit nog vroeg was

Подняться наверх