Читать книгу Toe dit nog vroeg was - Mari Grobler - Страница 15

pylmaker

Оглавление

hy weeg riete in sy hand

te swaar te lig

vind die regte een

dié !nwa

sal ’n goeie pyl maak

’n man vet vleis laat dra!

die ystervark snuif-snork-en-kou

en ratel sy stert, hy wil hê

mens moet weet waar hy is

hy laat jagters in die donker

met sy skerp penne steeks raak

nou soek hul tussen bossies

na kleiner wild . . . soos muise

!nwa: riet

Toe dit nog vroeg was

Подняться наверх