Читать книгу Toe dit nog vroeg was - Mari Grobler - Страница 8

vuur

Оглавление

donderaar skel uit ’n weer

wat dwarsdeur klip kan vaar

mens vlug na branders –

vuur neuk selde naby water

brand woed uit in wind se lê

los karkasse en veldkos gaar

mens soek lank na die donderaar

se wegsteekvuur in as –

vind dit later in vuurstok

draai witvonk om tot vlam

pak klippe om ’n sandgat

dáns om die oopvuur-kos

Toe dit nog vroeg was

Подняться наверх