Читать книгу Toe dit nog vroeg was - Mari Grobler - Страница 9

getye

Оглавление

klip vonk teen ysterklip

lanspunt stol in vlam

veld en see se maerpensmens

loop vol;

die maer hart

ná laaggety,

’n leë poel

hy was hom in ’n reënbui

versier hom met oker

hy mik sekuur met sy gooistok

haal ’n karp uit die water

. . . sloer bo sy eie weerkaatsing

skrik toe ’n vrou se gesig

langs syne in die vlak stroom roer

Toe dit nog vroeg was

Подняться наверх