Читать книгу Toe dit nog vroeg was - Mari Grobler - Страница 5

Moer

Оглавление

Die oer-een – sy beef

in duinsand. Sy styg

in plantsap. Sy ritsel

in bome. Sy vlam

op in die son-as.

Die mooi een – sy dans

in bye. Sy drup

uit wolke. Sy blink

in sterre. Sy sing

in branders se kom en gaan.

Die ondermaanse een – sy speel

met bokgeeste. Sy seil

in slange. Sy vlieg

hoër as voëls. Sy swem

dieper as vis.

Die aardmoer – sy het

meisies se kraampyn. Sy hoor

babas huil. Sy heel

met veldmedisyne. Sy dra

alles wat is!

Toe dit nog vroeg was

Подняться наверх