Читать книгу Dr. Eve se Seksboek - Marlene Wasserman - Страница 10
Die boustene van jou selfbeeld Politieke boustene
ОглавлениеSien Definisies
Dit is moeilik as jy grootword in ’n familie met baie kinders of in ’n beknopte, vervalle leefruimte. Jy het geen privaatheid om jouself en jou emosies te ontdek nie. Dit is moeilik om selfwaarde te hê as jy “anders” is as die groep. “Anders” beteken jy is dalk ’n LGBTT (lesbies, gay, biseksuele, transgeslagtelike, tweeslagtelike) persoon of iemand met ’n ander velkleur en/of kultuur as die meeste mense in die groep. As jy ’n leerprobleem het, voel jy nie so slim soos die ander nie. Ook as jy ’n fisieke gebrek het. Boem! Daar gaan jou bousteen van selfvertroue.
Bou jou politieke stene deur mense te vind wat dieselfde as jy is op maniere wat jou gemaklik laat voel, en hang saam met hulle uit. Skep jou eie unieke groep.
Dr. Eve sê:
Die belangrikste deel van jou bouwerk is om te voel jy hoort êrens. Ek weet jy wil aan die cool groep behoort, maar dit is nie altyd moontlik vir die meeste mense nie. Skep jou eie groep, en maak dit cool vir jou!