Читать книгу Dr. Eve se Seksboek - Marlene Wasserman - Страница 22

Jou liggaam

Оглавление

Daar is min dinge in die wêreld wat soveel gesprek, ongemaklikheid of genot uitlok as jou liggaam.

Jy gaan nou deur ’n fase in jou lewe waar jy baie bewus is van jou unieke en wonderlike liggaam wat konstant aan die verander is. Jy is verward, nuuskierig en soms net sommer vryerig sonder dat jy regtig die redes daarvoor verstaan. Jou lyf is op pad om ’n seksueel gesonde en volwasse liggaam te word.

As jy verstaan hoe interessant jou liggaam funksioneer, kan jy – ná puberteit en adolessensie – trots, vol selfvertroue en met respek die lewe ingaan.

Dr. Eve se Seksboek

Подняться наверх